Ek is nuut
Kom ontdek die waarheid vers vir vers saam met ons. Mense is deesdae meer besorg oor hulle eie waarheid as dié waarheid. By Oos Gemeente maak dié Waarheid saak. Dis nie onderhandelbaar nie.
Wat kan ek verwag as ek kerk toe kom op ‘n Sondag?
Oggenddiens: 08h30
Jy kan verwag om ontmoet te word met ‘n glimlag en ‘n vriendelike handdruk. Ons streef daarna om ‘n Bybelse kerk te wees wat ook kontemporêr bly. Predikers preek so dat mense die waarheid van God se Woord kan verstaan en toepas.
Oos Gemeente het ‘n ontspanne atmosfeer. Voor en na elke diens kuier jonk en oud met ‘n gratis koppie koffie of tee en ‘n koekie of twee in die hand terwyl die kinders lekker buite speel.
En as jy onseker is oor enige iets, kan jy altyd enige vriendelike gesig by die kerk vra en ons help graag. Sien jou daar!

Kleredrag
Party kom met ‘n kniebroek en plakkies terwyl ander kom met ‘n pak klere… solank jy kom. Kom soos jy is.
Kinderkerk
Ons glo Sondae se dienste is vir die kinders ook, daarom is dit vir ons super lekker om kinders saam met ons in die kerk te hê, lawaai en al.
Kinders tussen die ouderdomme van 6-10 word tydens die diens bedien met die goeie nuus van God se woord terwyl hulle hope pret het.



